Feeds:
Artikels
Kommentare

Archive for Mei, 2012

Wanneer mens jou begewe in die wêreld van die skrywer van fiksie, het jy geen idee hoe ’n groot bynes jy oopkrap nie. Jy lees dan net 3, 4 uur aan ‘n boek (of ‘n dag), wat kan nou so moeilik wees daaraan om een te skryf? Dis net waar die knoop lê. Om nie totaal uit jou geloof ‘gesteek’ te word deur die bye nie, moet jy versigtig trap. ‘n Yslike probleem vir enige skrywer is hoe om die gebeure wat jy in jou kop het, te laat ontvou sonder om die karakters te verwaarloos. In die Romanse is dit moeilik genoeg, maar daar word die hele storie ten minste deur emosie voortgedryf. Dit beteken die karakters beleef die gebeure en reageer emosioneel daarop.

Aan die ander kant is die speurverhaal ‘n ander perd om op te saal. Die moordenaar (as daar een betrokke is) is deel van jou storie. Hy mag nie té ‘goody-two-shoes’ wees nie, dan verdink die kenner hom juis. Hy moenie té ‘wortel-van-alle-kwaad’ wees nie, dan val jou spanning plat en hou die kenner op met lees. Hy moet likeable, selfs loveable wees, maar moet saam met die ander verdagtes verdink word. En hy mag veral nie in ’n held verander nie!

Hoe nou gemaak? ‘n Taai tamelêtjie om te kou, veral as jou tande stomp is!

Hoe hanteer jý dit? Of, as jy ‘n leser is, hoe verkies jy om jou moordenaar te leer ken?

Read Full Post »